A raw and unflinchingly honest portrayal of one poor white Afrikaner boy's struggle for acceptance and friendship. Set in a poverty-stricken South Africa, having a new neighbour becomes at once a status symbol for the one boy, a source of fascination and a trail to manhood.
As jy arm en moeilik groot word is daar dinge wat deel word van jou lewe. 'n Ruimte gesloop van die alledaagse. Waar, om 'n buurman te hê, 'n statussimbool geword het. 'n Wêreld waar hoop en drome een en dieselfde ding is, waar die narratief uit 'n storielyn bestaan wat vreugde, blydskap en tragedie onlosmaaklik met mekaar verbind. Wanneer die distrik se smous tant Rosie en haar kinders aflaai en hulle in die verweerde sandsteenhuisie langs Ouboet-hulle intrek, verander sy lewe. Vir die eerste keer leer hy mense ken wat minder het as hy. Katanga, Tant Rosie se oudste seun, is vir Ouboet aanvanklik vyand en word dan later 'n boesemvriend. 'n Seun wat onwrikbaar glo in die magic van sy dream catcher wat hy bokant sy slaapplek hang.
Please note: this audiobook is in Afrikaans.
Download and start listening now!