In Die kwart-voor-sewe-lelie skryf Eleanor Baker met n satiriese aanslag en fyn insig oor die wel en wee van n stadsgesin wat bestaan uit n vergeetagtige ma, n gemoedelike pa, Iris en haar twee susters, Elsa en Kara, hul Hollandse hond, n huishulp wat presies weet wat sy wil hê en n buite-aardse beskermengel met n aardse humorsin. In die karakters se doen en late sien die leser, met n glimlag, baie van hom/haarself. Ek het jou al vertel van my naam, sê Iris, die sentrale figuur in hierdie bekoorlike roman,...ek glo ek sal eendag blom. Ondanks uitdagende omstandighede slaag sy daarin om `n verantwoordelikheidsin te kweek wat hulle posisie as gesin ook geleidelik positief beinvloed. Die wyse waarop sy op haar gesins- en persoonlike uitdagings reageer, help haar om te groei, haar roeping te vind en vrede te maak met haar verlede.
Please note: This audiobook is in Afrikaans.
Download and start listening now!
"i need this book and i need it now"
—
anrich (5 out of 5 stars)